Subscribe by Email

Kondoneer Zuma grondroof?

Kondoneer Zuma Grondroof?

Kondoneer Zuma Grondroof?

Skaars nadat die ANC-Jeugleier, Julius Malema, verklaar het dat boere moet afstand doen van 80% van hul grond omdat hulle dan nie meer aangeval sal word nie, word verneem van die soveelste brutale moord op ‘n boer by Ottosdal. “Dit het by die punt gekom dat mnr Zuma nou sal moet besluit of hy gaan praat of stilbly,” sê TLU SA se president, mnr Ben Marais.
“Hierdie aanvalle is deur Malema direk verbind daaraan om grond te bekom. As ‘n leiersfiguur binne die ANC kan dit nie anders beskou word dat dit dus die ANC se beleid is. Indien dit nie die geval is nie het mnr Zuma geen ander keuse as om vir Malema op die sterkste moontlike wyse te repudieer. Mnr Zuma moet weet dat sy stilswye die Malema uitspraak kondoneer. Die hele wêreld sal dan besef dat dit die ANC se beleid is om boere te vermoor ten einde hul grond te bekom,” sê mnr. Marais.

“Dit het nou tyd geword dat die ANC vir al Suid-Afrika se inwoners en die hele wêreld ondubbelsinnig moet uitspel wat is hulle ware agenda met betrekking tot die toekoms van ons land. Die onsekerheid wat hulle skep grens reeds aan sabotasie van die land se ekonomie en sou as hoogverraad gesien kon word. Die onverantwoordelike wyse hoe daar op emosiebelaaide wyse beloftes gemaak word en mense selfs deur vrees gemanipuleer word om steeds vir die ANC te stem grens aan die absurde. Suid-Afrika kan nie meer die ANC bekostig nie en die kiesers behoort dit onbevange by die stembus vir hulle te gaan wys.”