Subscribe by Email

Kokaïen op OR Tambo gevind

crackDie polisie het gistermiddag op die OR Tambo Internasionale Lughawe beslag gelê op kokaïen ter waarde van byna ‘n halfmiljoen-Rand. Hulle het die dwelms gekry in die besit van ‘n 44-jarige vrou wat met ‘n Zambiese paspoort gereis het en haar in hegtenis geneem. Die dwelms was in ‘n vals bodem in haar bagasie versteek. Die verdagte, wie se paspoort toon dat sy Zambië vroeër die maand verlaat het om na Indië te gaan, het vanaf Moembaai via Addis Abeba gereis toe sy in hegtenis geneem is. Sy sal Maandag in die hof verskyn.