Subscribe by Email

Koerant se eerste drie weke van bestaan

Koerant.com se eerste drie weke van bestaan op die internet, kan met een woord as suksesvol beskryf word. Ons bedank hiermee al ons lesers vir julle ondersteuning van ’n onafhanklike publikasie in Afrikaans. In hierdie kort drie weke van bestaan het ons gegroei tot ongeveer 500 daaglikse lesers, ’n prestasie in ons oë, aangesien ons verwag het dit sou veel langer neem voordat Afrikaanse internetgebruikers sou agterkom dat hier ’n onafhanklike aanlyn koerant is wat poog om aan julle die nuus te bring, onafhanklik en gebalanseerd.

Koerant.com skrywers bestaan uit gewone mense, van hulle is profesionele joernaliste wat in hul spaartyd vir ons skryf, en ander is glad nie skrywers nie, maar ons almal het ten doel, om Koerant.com die beste en mees geleeste aanlyn Afrikaanse publikasie te maak. Ook jy wat nou hier lees, is welkom om deel te word van die Koerant.com skrywers, omdat ons graag wil poog dat ons nuus meestal moet bestaan uit burgerlike beriggewing. Enige-een is dus welkom om deel te word van Koerant.com.

Ons eerste “scoop” het ook plaasgevind die afgelope drie weke, toe Koerant.com die heel eerste publikasie was wat berig het oor die bedanking van Henry Jeffreys, Die Burger se redakteur. Ons het hierdie berig gepubliseer selfs voordat Die Burger dit self kon doen.

Nog ’n prestasie wat ons vermag het in hierdie kort rukkie, is die feit dat Google smoorverlief geraak het op ons, sodanig dat enige van ons berigte wat geplaas word op Koerant.com, onmiddelik daarna gesien kan word in Google. Daar is dus geen gewag vir Google om ons berigte te indeks nie, omdat ons sommer daardie robot van Google permanent huisves op ons webwerf.

Dan het ons ook die afgelope week ons twitterblad oopgemaak, sodat ons lesers ons maklik kan volg op twitter, vir die nuutste en jongste berigte wat geplaas word op Koerant.com.

Die afgelope week was ’n bedrywige week in Suid-Afrika, met die moord op ET, asook die manewales van Malema, wat die media heeltemal oorheers het. Kom ons kyk almal saam wat hou die komende week in vir almal hier aan die suidpunt van Afrika.

2 Responses to Koerant se eerste drie weke van bestaan

  1. 08hirobinj

    April 13, 2010 at 8:58 pm

    Wees verseker ek sal gereeld hier verby kom (mits die berigte kredietwaardig is/bly). As julle snert gaan toelaat (omdat enige iemand hier kan berig) sien ek nie ‘n rede om hier te stop nie. Maar sover hou ek van wat ek sien. Welgedaan!

  2. Danie

    April 12, 2010 at 5:57 pm

    Geluk Koerant.com met jou eerste drie weke. Mag jy van krag tot krag gaan. Dis lekker om elke dag die interessante berigte te lees.