Subscribe by Email

Koerant.com span bietjie uit en stop die “traffic”

Namens almal betrokke by Koerant.com bedank ons al ons lesers die afgelope jaar vir jul ondersteuning. Ons gaan bietjie uitspan tot na Kersfees, en sal dus eers weer nuus aan julle bring vanaf 27 Desember 2010.

Ons wens aan elkeen hierdie feestyd ‘n genotvolle tydperk toe, en as jy op vakansie is, bestuur nugter, bestuur veilig, ons wil nie in die nuwejaar oor jou motorongeluk berig nie, asseblief.

Vir die van julle wat langs die kus woon, of bietjie vakansie hou tussen Kaapstad en Durban se kuslyn, kyk asseblief uit vir hierdie twee ouens, en as jy kan, ondersteun hulle wanneer hulle met twee doodgewone bromponies naby julle verbyry.

Bly en ry veilig…….

One Response to Koerant.com span bietjie uit en stop die “traffic”

  1. STOP die Traffick!

    Desember 22, 2010 at 1:46 pm

    Baie dankie vir julle ondersteuning van hierdie projek! Die scooters trek baie aandag op die pad en ons hoop dat baie mense bereik sal word sodat al hoe minder mense slagoffers hoef te wees van die gruwelbedryf van mensehandel. Dankie ook vir almal wat die sms nommer gebruik om R20 te skenk (sms SAFE na 40131) – elke bietjie help om daardie safe house vir slagoffers in te rig.