Subscribe by Email

Kletskerk moet sy deure sluit.

Jean Oosthuizen, moderator van kletskerk.co.za

Die moderator en eienaar van die omstrede webwerf, kletskerk.co.za, Jean

Oosthuizen, het besluit om die webwerf finaal te sluit einde van April 2010.

Dit kom te midde van ‘n interne ondersoek deur sy werkgewer waar hy voor die keuse gestel is om of te bedank, of die webwerf te sluit.

Onlangs is in die media berig van toenemende ongelukkigheid in NG-Kerkkringe

wat opgebou het onder lidmate en die kerk se leierskap omdat Oosthuizen godslastering en kru taal op die webwerf toelaat. Daar is gesê dit is ‘n botsing van belange met sy werk as nuusredakteur van Kerkbode.

Oosthuizen is na verneem word voor ‘n ultimatum geplaas om sy verbintenis met Kletskerk dadelik te verbreek, of sy werk te verloor.

Mnr Oosthuizen het glo vroeg vanoggend laat blyk dat hy besluit het om Kletskerk liewer finaal te sluit. Die kostes om die webwerf te bedryf het glo ook te veel geraak. Kletskerk maak volgens ingeligte bronne sy deure op 30 April 2010 toe omdat daar geen ander uitweg is nie.

Koerant het probeer om Mnr Oosthuizen te kontak, maar sy selfoon is af. ‘n Sekretaresse by sy werksplek het laat weet Mnr Oosthuizen is nie nou beskikbaar vir kommentaar nie.

11 Responses to Kletskerk moet sy deure sluit.

  1. Frans Saaijman

    April 30, 2015 at 6:01 am

    Hy moes nie net geskors gewees het nie maar sommer geskiet word. Dan sal hy hopelik eindig waar vele ander is.

  2. Afgetrede Dominee

    April 7, 2010 at 5:45 am

    Dit is ‘n blye dag dat die einde in sig is.

  3. mydreamjob

    April 5, 2010 at 12:50 am

    Ek was besig om navorsing te doen vir my artikel “Religion – is it the demise of God’s Kongdom?” toe ek die berig afgekom het oor die sluiting van kletskerk. So dit lyk tog of my teorie waar is? Hoekom is dit altyd die NG kerk wat die verstopping in die pyp is? Die antwoord is eenvoudig. Dit gaan oor getalle – nommers – Rand en sent. Hoe meer mense “buite die boks” begin kyk na God en ons verhouding met Hom, hoe meer mense sal tot die besef kom dat die NG kerk hul eie belange probeer beskem. Jean, ek mag dalk met jou verskil oor sekere dinge op jou webwerf, maar Geloof gaan oor keuses. En as mense nie hul eie keuses mag maak nie, wat nou duidelik die NG kerk se booskap is, dan twyfel ek of daar nog plek is vir hierdie vervalle denkrigting. Of dalk is ek totaal verkeerd…is gay huwelike nog sonde? Volgens die Anglikaanse kerk is dit nie meer nie. So, as jy wil skryf, kontak my. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.

  4. KOOS

    April 2, 2010 at 12:21 am

    @#$SKAAMJOU@!!

  5. Jean

    April 1, 2010 at 8:11 pm

    Ek lees nou eers hier. Many a truth has been spoken in jest 🙂
    Lekker dag vir julle.

  6. Henry

    April 1, 2010 at 7:06 pm

    Sover lyk dit nie na ‘n Gekkedag grap as ek die kommentare op die Kerk lees nie. Dit klink dus asof die “Rumour” waar is.

  7. Raymond

    April 1, 2010 at 4:46 pm

    OK Almal. hierdie was natuurlik ons Aprilgekkedag storietjie gewees. Die berig is dus heeltemal onwaar!!

  8. Nicolene

    April 1, 2010 at 12:55 pm

    Vat hulle CCMA toe Mnr Oosthuizen. Hulle sal gou agterkom dat hulle nie met ander se privaat lewens kan inmeng nie. Laurie het mos die voorbeeld gestel.

  9. Kiewiet

    April 1, 2010 at 12:53 pm

    Ha ha ha, die moet sekerlik ‘n April gek grappie wees? In elk geval dink ek Jean Oosthuizen het meer guts as almal saam in die kerk.

  10. Danie

    April 1, 2010 at 12:50 pm

    Ag nee wat, ek dink die NG-Kerk is nou heeltemal gek, waar het jy in jou lewe gesien hulle reel ander se lewens so?

  11. Henk Zeeman

    April 1, 2010 at 10:22 am

    Hmmm het nie geweet die NG kerk kan ook nog sulke expansive 1 April grappe maak nie… (Ek hoop dat ek tereg verras is met die kreatiwiteit… of is die ergste dalk waar?)