Subscribe by Email

Klein partye dring daarop aan dat Zuma as President verwyder word

social-media-audit-south-african-political-parties-1-638Die UDM se leier, Bantu Holomisa, het bevestig dat senior verteenwoordigers van sy party, die Ekonomiese Vryheidsvegters, Cope en die United Front, ooreengekom het op ‘n stel voorwaardes vir enige samesprekings oor koalisies.  Dit sluit in die verwydering van president Jacob Zuma as die staatshoof, die opheffing van die e-tolstelsel op paaie, beter dienslewering en ‘n hersiening van munisipale begrotings. Daar is tans samesprekings oor koalisies in Tshwane, Johannesburg, Ekurhuleni en Nelson Mandela Baai. Geen party het ‘n volstrekte meerderheid in hierdie metro’s behaal nie.