Subscribe by Email

Klasse by al vyf kampusse van die Universiteit van KwaZulu-Natal opgeskort na betogings

912375767Klasse by al vyf kampusse van die Universiteit van KwaZulu-Natal is opgeskort na betogings. Studente betoog sedert Maandag teen moontlike verhogings in fooie en, volgens hulle, onvoldoende akkommodasie op kampusse. Ses voertuie is aan die brand gesteek en geboue is afgebrand, insluitend ‘n groot ouditorium op die Westville-kampus. Altesaam 23 studente is in hegtenis geneem weens openbare geweld en die verontagsaming van die hofbevel wat die universiteit vroeër die week bekom het en waarvolgens betogings verbied word.

Intussen het die regering ‘n beroep op studente gedoen om nie tydens betogings betrokke te raak by aktiwiteite wat hulle in botsing met die gereg kan bring nie. Die regering sê in ’n verklaring hy verstaan die moeilike omstandighede waarin baie studente in die land hulle bevind en doen alles in sy vermoë om die kwessie van studentegeld op te los. Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding sal na verwagting binnekort ‘n aankondiging maak oor studentegeld.