Subscribe by Email

Klagtes van openbare geweldpleging word teruggetrek teen sewe Kovsie-studente

a8484f9a81ab4b339028542f23dc20ccDie Nasionale Vervolgingsgesag het klagtes van openbare geweldpleging teruggetrek teen sewe van nege studente van die Universiteit van die Vrystaat wat in Februarie by betogings betrokke was. Een en studente is aanvanklik in hegtenis geneem en tydens hulle eerste hofverskyning is twaalf vrygelaat weens gebrek aan voldoende bewyse teen hulle. Die NVG sê daar is besluit om die kwessie op te los deur middel van bemiddeling en sewe van die nege het ‘n ooreenkoms beklink. Die saak teen die ander twee gaan op 4 Julie voort.