Subscribe by Email

Kinderhuis kinders moes in tente slaap omdat hul kamers uitverhuur is

Kinders wat woonagtig is in ’n staats gesubsidieerde tuiste in Pietermaritzburg moes die naweek van die Comrades marathon in tente slaap, omdat hulle kamers uitverhuur was aan atlete.

Meshack Radebe van die KZN regering sê dat meer as 100 kinders was uit hul kamers gesit om die kamers uit te verhuur aan 120 marathon atlete, teen ’n fooi van R 150.00 per persoon per nag. Die kinders moes oor die tydperk in tente bly.

Volgens Meshack Radebe het sosiale werkers probeer om toegang te kry tot die kinderhuis toe hulle hiervan uitgevind het, maar die sosiale werkers was na bewering nie toegelaat op die gronde nie.

Ngema sê dat die NGO wat verantwoordelik is vir die bestuur van die kinderhuis erken het dat hulle fouteer het deur die kinders se kamers uit te verhuur en die kinders in tente te akkommodeer.

Die sosiale departement in KZN dring nou aan daarop dat daar behoorlik aan hulle verslag gedoen moet word oor hierdie voorval en veral oor hoe die fondse spandeer gaan word wat ingevorder is hiermee.