Subscribe by Email

Kinder molestering die ander kant n nagmerrie

Kinder molstering, die onderwerp laat jou hare regop en bloed druk hoog. Ek lees n artikel in solidariteit en ek stem 100% saam met wat daar staan. Ek egter is totaal ontnugter deur die ander kant van die saak. Wat nou as ek jou valslik beskuldig dat jy my kind gemolsteer het. Jy gaan gou besef dat self sonder bewyse jou lewe verwoes is, en dat jy defnitief in n tronk gaan eindig. Soveel propeganda word gedoen dat mense absoluut opgesweep word wanneer hulle kinder molestering hoor. Die feit egter dat die onskuldige een in tronk gaan sit sonder dat hy selfs een minuut in die hof gestaan het selfs nie eers by deur ingelaat is nie.
Waarvan praat ek, kom ek vertel kortliks wat oor laaste 3 jaar met my familie gebeur het. My seun se vrou stel hom in kennis dat sy hom verlaat.. Hul woon in Lydenburg. Haar doel om ook te verhoed dat hy weer sy kind sien. Sy self erken s___ met verskeie mans op haar facebook. Een persoon gaan kla my seun aan dat hy hul dogtertjie gemolesteer het. n polisie rekord ; 4 jaar sover sonder werk en na 2 jaar se hofsake word hy onskuldig bevind deur mediese en sielkundige verslae. Hy het nie een woord in hof getuig nie, die saak is buite die hof uitgegooi. Die man wat hom aangekla het het uit Lydenburg verdwyn. Ook sy nog steeds wettiglike vrou verdwyn met kind en op oomblik bly sy by n man iewers in boksburg. Hul is nog steeds wettiglik getroud, sy is weggejaag by haar werk, kan nie meer prokureur betaal en saak nou by Huweliks advokaat wat jare vat.
In Welkom is my swaer J wat ons haat. Hy kom te hore van saak en besluit dat my seun skuldig is. Sy aangenome kind vanaf 9 jaar vat aan ander meisie kinders se borste, trek hul broekies af neem sy pe–s af en mms die fotos en nou op 10 het hy begin mast—–. Verskeie families het geweier dat hulle weer by hul kom kuier weens die kind se gedrag. Hy as vader is nie bevoeg om kind op te voed nie. So terwyl hy jare met probleem sit hoor hy nou van my seun se aanklag. Hoe los hy sy probleem op, toe een familie lid hom weer aanspreek oor sy kind se dade, gaan hy polisie toe en se my seun het sy kind seksueel mishandel.
Die kinder misdaad besoek beampte n M J in Welkom toe my seun met sy prokureurs daar aankom, weier sy borg en se sy is nie beskibaar tot 23 Januarie nie. Dit het sy nie aan die prokureurs vertel nie, dus toe hulle daar land moes hul hoor dat sy nie beskikbaar is nie en saak teestaan. Einde van dag is my seun nou in die tronk sonder dat hy gevonnis of skuldig bevind is. Ek self het altyd te velde gegaan wanneer ek hoor van enige kinder mishandeling, maar het nooit besef dat daar ook n ander kant van die muntstuk is nie. Dat ek self eendag gaan moet baklei teen die wette wat ek nog steeds wil he maar wat absoluut misbruik word om die onskuldige mee te verwoes. Ek glo nie ek hoef te vertel wat aangaan in ons tronke vandag nie. Wat my pla is dat die beampte van die kinder misdaad tak in Welkom alhoewel sy wettiglik optree absoluut daarin uit is om ander se lewens te verwoes. Sy het as aanklag aangevoer dat sy borg teestaan omrede my seun weg kruip. Hy huur vir laaste 13 maande n woonstel by n polisie offisier se huis in Krugersdorp. Sy het ook aangevoer dat hy die saak sal be invloed. Sy het die klagte n jaar terug gekry en tot en met 8 Desember 2011 niks gedoen nie. As sy saak ondersoek het sou sy gevind het dat hy geen kontak met enige persoon wat in saak betrokke is gehad het nie want dit was sy eie prokureur se instruksies. So daar sit my seun se prokureur met al die grondige bewyse om haar verkeerd te bewys maar hul kan nie voor n regter kom om te verdedig nie. Die ware uiteinde is ongelukkig, al wen ons die hofsaak, al word hy vrygespreek sal ek nooit weer my kind terug kry soos ek hom geken het nie. En n offisier in die kinder misdaad polisie afdeling sal voortgaan in haar tiranne manier van optrede en vorentoe ander ook vernietig. Ten laaste, ek beskerm nie my seun nie, ek het versoek dat forensiese toetse op sy elektroniese toestelle gedoen word. Ek het gevra sy huis deursoek word vir enig pornografiese materiaal. Ek het prokureur gese as hy enigsins twyfel in onskuld moet my seun in tronk gaan sit.
Mag dit wat met ons gebeur het absoluut in minderheid bly en wees verseker as dit met jou of jou geliefdes gebeur is dit n nag merrie waaruit jy nie wakker sal word nie.
Groete
Die uwe
Louis Prinsloo
e pos theuprin@gmail.com