Subscribe by Email

Kevin Pietersen maak steeds opslae

Kevin Pietersen1

Die woordestryd tussen krieketspeler Kevin Pietersen en van sy oudspanmaats asook die gewese Engelse afrigter Andy Fowler maak steeds groot opslae.

Pietersen het Woensdag steun uit onverwagte oorde gekry nadat ‘n verslag van die Englese en Walliese Krieketraad (ECB) uitgelek het waarin sy sogenaamde wangedrag tydens die Australiese toer bespreek word.

Die gewese Australiese kaptein Ricky Ponting het Pietersen se bewerings van ‘n boelie-kultuur onder senior spelers soos James Anderson, Graeme Swann en Matt Prior teenoor die jonger spellers beaam.

Pietersen, wat vroeëer vanjaar ná die reeks om die As deur die Englese krieketbase gepos is, het dié bewerings in sy outobiografie gemaak wat vandag op die winkelrakke verskyn,.

“Ons het hulle dit gesien doen.  James Anderson was altyd dieselfde, en Swann.  Vingers is gewys en jy kon ‘n paar vloekwoorde hoor wanneer ‘n vangkans verbrou is of daar in die veld drooggemaak is.” Het Ponting aan die Sydney Daily Telegraph gesê.

“Niemand wil ‘n vangkans verbrou nie.  Niemand wil ‘n swak hou uitvoer nie.  Dit gebeur in ‘n wedstryd en jy moet diet aanvaar en aanbeweeg.”

‘n Gewese Englese kaptein, Michael Vaughan, het die gelekte verslag, wat deur die krieketwebwerf ESPNcricinfo.com gepubliseer is as lagwekkend beskryf