Subscribe by Email

Keurlys vir Wimblelton

Wimbledon-Tennis-ATP-Android-app-636x287Die organiseerders van Wimbledon het met die aankondiging van die keurlys volstaan met die gebruik om spelers se uitslae op gras die afgelope twee jaar in ag te neem. Dit beteken dat spelers nie noodwendig gekeur word volgens die amptelike ranglyste nie. Die verdedigende kampioen, Novak Djokovic van Serwië, is eerste gekeur, gevolg deur Andy Murray van Skotland en die Switsers Roger Federer en Stanislas Wawrinka.  Die voorste gekeurde vrou is die verdedigende kampioen, Serena Williams van Amerika, gevolg deur die Franse Ope-kampioen, Garbine Magaruza van Spanje, en Agnieszka Radwanska van Pole.