Subscribe by Email

Kenia nuwe opkikkers wet

athletesKenia het ‘n nuwe teenopkikker-wet vir sy sportlui deurgevoer net voor die verstryking van ‘n finale spertyd wat die Wêreldagentskap teen Opkikkergebruik, Wada, die land gestel het. Kenia het reeds twee spertye misgeloop. Die nuwe wet, wat nog bekragtig moet word, gee wetgewers die mag om atlete tot ‘n jaar tronkstraf op te lê as hulle skuldig bevind word aan die gebruik van onwettige opkikkers. Meer as veertig Keniaanse atlete het sedert 2011 opkikkertoetse gedop.