Subscribe by Email

Kebble verhoor weer uitgestel, hierdie keer staak die wat moes getuig.

Die Brett Kebble moordsaak is tot môre in die Suid-Gautengse Hooggeregshof uitgestel. Vorige uitstel is veroorsaak deur die staatsdiensstaking toe stenograwe en vertalers nie beskikbaar was nie. Dié personeel is vandag op hul pos, maar daar is geen getuies om te getuig nie. ‘n Selfoonkenner van MTN sou vandag getuig, maar weens onsekerheid oor die staking het sy ander afsprake gemaak.

Net voor die verdaging het die regter gevra of daar dalk van die getuienisse is wat opgespoor kan word. “Dalk loop hulle rond by die Carlton Sentrum” het die regter gesinspeel, asook: “Ons gaan hierdie hof verdaag, indien iemand enige van die getuienisse iewers raakloop, jy is vry om hierdie hof dan te kontak”