Subscribe by Email

Kanker in SA teen 2030 78 % meer – Navorsers

Kanker gaan teen 2030 wêreldwyd teen 2030 met 75 persent styg, maar in sommige ontwikkelde lande met tot 90 %, volgens ‘n studie wat in The Lancet verskyn het. Die studie is deur verskeie onkoloë van die International Agency for Cancer Research gedoen.

Die navorsers het die tendense van verskeie van die vernaamste soorte kankers in verskillende dele van die wêreld, en verskillende soorte ekonomieë met mekaar vergelyk, en tot die slotsom gekom dat soos infeksie-tipe kanker verminder, kanker met reproduktiewe, dieetverwante en hormonale oorsake toeneem. Die kankers wat na verwagting die meeste sal toeneem is bors-, prostaat- en dermkanaalkanker.

Die studie toon dat verskillende soorte kanker verskillend op verskillende ontwikkelingsvlakke van lande reageer, en daarom dat kanker in derdewêreldlande met tot 90 % kan toeneem.

Suid-Afrika se lot van 78 % persent sal na verwagting deur twee van sy Brics-vennote, Indië en China, gedeel word.
Herman Toerien