Subscribe by Email

Kader Asmal se stem uit die dode om ANC tot orde te roep

Kader Asmal

Kader Asmal

In vandag se Tygertalk verskyn ’n brief van prof Kader Asmal wat gister dood is. Dit is byna asof hy die ANC vanuit die dood tot orde wil roep.

Ironies dat die brief presies die dag na sy skielike dood in die media verskyn. Die einste media waarvoor die ANC sy mes in het. Dit handel oor die gewraakte Wet op die beskerming van Inligting. In sy brief sê prof Asmal hy het hom tot dusver daarvan weerhou om in die openbaar te reageer op die wetsontwerp omdat hy gemeen het die opposisie daarteen, ook in die ANC se eie geledere, behoort voldoende te wees om dit te stuit.

Hy gaan voort en sê aangesien dit nie gebeur het nie, sal sy gewete hom nie met rus laat as hy langer stilbly nie. Hy vra dat alle Suid-Afrikaners hom sal steun in sy verwerping van die maatreël.

Prof Asmal sê die wet is so vrot enige poging om dit te verander of te verbeter sal nutteloos wees en niks verander aan die feit dat dit spraakvryheid aantas nie.

Hy skryf in sy heel laaste brief wat hy waarskynlik ooit geskryf het, as ’n lojale lid van die ANC doen hy ’n beroep op die regering om die wet in sy geheel te onttrek. Hy vra vir ‘n onafhanklike nie-politieke komitee om wetgewing te help voorberei wat sensitiewe sal inligting te beskerm.

“If this does not happen, civil society will deservedly ask for the maximum public support op oppose the bill in other ways,” eindig prof Asmal sy laaste brief op aarde.

‘n Dag voordat dit in die media gepubliseer word sterf hy. Mag die ANC aan wie hy se lewe gewy het sy laaste wens eerbiedig.