Subscribe by Email

Kabinet sal voldoen aan Thuli Madonsela se lasbrief

jeffDie minister in die Presidensie, Jeff Radebe, sê die kabinet het ingestem om te voldoen aan ‘n lasbrief van Openbare Beskermer Thuli Madonsela oor haar ondersoek na bewerings van staatskaping. Hy het op ‘n nuuskonferensie na die weeklikse kabinetsvergadering gesê Madonsela het die sekretaris van die kabinet gelas om die verklarings van ministers en notules van die kabinet te bekom vir die ses maande-tydperk tot April waartydens die aanstelling van waarnemende ministers bespreek is terwyl ministers in die buiteland was.

One Response to Kabinet sal voldoen aan Thuli Madonsela se lasbrief

  1. Pikes

    September 16, 2016 at 8:39 am

    Nail them Thuli!