Subscribe by Email

Kabinet bevestig dat minister Zwane se aankondiging sy eie idee was

zwaDie minister in die Presidensie, Jeff Radebe, sê die kabinet het nie vooraf geweet dat minister Msebenzi Zwane ‘n aankondiging gaan doen oor ‘n geregtelike ondersoek na banke nie. Die minister van Minerale Hulpbronne het onlangs gesê die regering het ingestem tot die ondersoek na banke se besluit om bande met die omstrede Gupta-familie te verbreek. Radebe is op ‘n nuuskonferensie na die weeklikse kabinetsvergadering gevra of Zwane voor stok gekry gaan word, en het geantwoord dat president Jacob Zuma onderneem het om met die minister daaroor te praat.