Subscribe by Email

Kaapse skoolhoof kan geskors word

2645671257Die geskorste hoof van ‘n skool in Kaapstad is skuldig bevind aan verskeie oortredings. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het Brian Isaacs van die Hoërskool Suid-Skiereiland in Maart geskors nadat hy na bewering ‘n leerling aangerand, ‘n ander beledig en hom swak gedra het teenoor ‘n amptenaar van die departement. Die departement sê hy is na die tugverhoor aangeraai om Isaacs af te dank.