Subscribe by Email

Kaapse krieketspelers wil steeds van hulle afrigter ontslae raak

paul_adams‘n Groep spelers van die Kaapse Kobras beplan om môre ‘n geskil by die kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie te verklaar teen hoofafrigter Paul Adams. Tony Irish van die SA Krieketspelersvereniging sê tien van die sewentien gekontrakteerde spelers steun die aansoek en die interne griewe-proses is uitgeput. Die groep hou vol dat Adams nie die span se volle steun het nie.