Subscribe by Email

Julius Malema in die spervuur – alweer!

juliusmalemaVerskeie politieke partye het reageer op die EFF-leier, Julius Malema se uitlatings oor witmense. Die Vryheidsfront Plus sê die EFF-leier, Julius Malema is besig om rassehaat aan te blaas met sy uitlatings oor grond vroeër vandag na sy hofverskyning in Newcastle .

Die voorsitter van die party, Pieter Groenewald sê deur mense aan te moedig om onwettig grond te beset, maak Malema homself net so skuldig as diegene wat onwettig optree en die wette van die land verbreek. Hy sê VF Plus gaan ‘n klag indien by die parlement se etiekkomitee teen Malema oor die feit dat hy die ampseed as parlementslid verbreek het. Hy sê Malema het hom skuldig gemaak aan aanhitsing en haatspraak toe hy gesê het sy party wil nog nie witmense doodmaak nie, want die implikasie is dat dit later kan gebeur.

Die DA het Malema se uitlatings ook skerp veroordeel. Die party se woordvoerder, Phumzile van Damme, sê die opruiende taal wat Malema gebruik het is onvanpas in ‘n grondwetlike demokrasie. Sy sê die Grondwet is gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vrede en stel dit duidelik dat Suid-Afrika aan al sy inwoners behoort.

Malema het vroeër voor die Newcastle-hof in noord KwaZulu-Natal verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van aanhitsing in gevolge die Wet op Oproerige Byeenkomste nadat hy herhaaldelik sou gesê het dat mense onbewoonde grond moet beset. Die saak  is uitgestel tot 7 Desember.

3 Responses to Julius Malema in die spervuur – alweer!

  1. Louis

    November 8, 2016 at 12:36 pm

    Mal Emmer….onthou net dit : As jy oorlog verklaar teen witmense, kan jy verseker weet dis nie net witmense wat doodgemaak gaan word nie. Is jy gereed om ‘n martelaar te word ? Wag, wat ? O ek sien…wel in daardie geval hou eerder dan jou bek, want jy is eeste in die ry.

  2. Rens Roodt

    November 8, 2016 at 10:21 am

    of malema dit hardop se of agteraf bespreek met sy volgelinge – dis om te ewe – skade is alreeds gedoen en die oorlogsverklaring is ook gedoen teenoor oor Blankes – nou moet ons paraat wees en prober om oorsese lande se hulp te kry wat ons goedgesind is om te help met die aanslag teen ons

    Beste is om n volksverootmoediging uit te roep en te bid en ons Hemelse Vader te smeek vir hulp en om ons genadig te wees – Net ons Hemelse Vader kan hierdie plaag uit ons midde in n oogwink verwyder, sou ons ook ons deel doen! – vertrou en glo in Hom

  3. Koos

    November 8, 2016 at 7:44 am

    Die uitvaagsel sal nooit leer nie, kannie redeneer of dink nie, so dig soos ‘n klei-os. Die EFF sou ‘n sterk Politieke Party wees, ongelukkig laat sy Beleid en sy leier (Malema) hom in die steek.