Subscribe by Email

Julius Caesar had breingewas

Wetenskaplike meen hulle het die presiese plek in Rome gevind waar Julius Caesar op 15 Maart 44 voor Christus vermoor is.

Die plek is ‘n betonblok van drie meter wyd, en meer as twee meter hoog in die oorblyfsels van die gebou waar Caesar ‘n sitting van die senaat beheer het, is volgens ‘n mediaverklaring deur navorsers van die Spaanse Nasionale Navorsingsraad as die presiese plek aangedui waar die moord plaasgevind het.

Die blok is deur keiser Augustus, aangenome seun van Julius, aangebring.

Julius is tydens die sluipmoord 23 keer met skerp voorwerpe gesteek, waarvan net een wond noodlottig was. Caesar het self een van sy aanvallers deur die arm gesteek.

In ‘n artikel in die Suid-Afrikaanse Mediese tydskrif van Januarie 2010 het prof. François Retief, oudrektor van Kovsies en Johan Cilliers uit beskikbare literatuur vasgestel dat Caesar in alle waarskynlikheid reeds erg aan ‘n breingewas gely het. Caesar het in die jare kort voor sy dood epileptiese aanvalle gekry, maar aanduidings is dat hy voor die een aanval genoeg tyd gehad om voorsorg te tref. Van die geskiedskrywers het geskryf dat Caesar se gedrag in die paar jaar voor sy dood irrasioneel geword het, een het geskryf oor sy “siekte in die kop” en van sy vriende het selfs gemeen dat hy nie langer wou leef nie.

Herman Toerien