Subscribe by Email

Julio Iglesias hierdie November in Suid-Afrika

LUZAAN VAN DER WESTHUIZEN

Die baie bekende, en boonop Guinness Wêreldrekord houer, Julio Iglesias, sal binnekort in Suid-Afrika op die verhoog te sien wees.

Iglesias is die enigste kunstenaar wat al met die ‘Diamond Record Award’ in die Guinness Book of World Records pryk. Guinness erken Iglesias as die enigste kunstenaar ter wêreld-en in die geskiedenis- wat die meeste albums in meer as een taal verkoop het. Hy het die besondere toekenning in 1983 ontvang vir die hoogs uitsonderlike prestasie.

Hy het al meer as 350 miljoen albums wêreldwyd verkoop. Iglesias, grootliks bekend vir die treffer,“To all the girls I’ve loved before”, wat hy saam Willie Nelson opgeneem het, het die musiekwêreld in 1968 betree. Dit was nadat hy die Benidorn Internasionale Liedjie Fees gewen het met sy liedjie getiteld “La Vida Sigue Igual”.

Iglesias sal op 5 en 6 November in Johannesburg by Carnival City te sien wees waarna hy gaan optree in die Grand Arena in Kaapstad op 8 November.

Kaartjies is op die Big Concerts webtuiste, www.bigconcerts.co.za, en by Computicket beskikbaar.