Subscribe by Email

Julian Redelinghuys, dalk vir ses weke op die krukkelys

Julian-Redelinghuys-Springboks-h_s-800Springbokstut Julian Redelinghuys het Saterdag sy dyspier beseer in die wedstryd teen Argentinië in Mpumalanga wat die Bokke met 30-23 gewen het. Hy sal moontlik vir ses weke buite aksie wees. Stut Lourens Adriaanse wat verlede week by die groep aangesluit het, is ingesluit by die Springbokgroep van 27 wat vanoggend na Argentinië vertrek. Trevor Nyakane, Malcolm Marx, Franco Mostert en Morné Steyn is ook by die groep ingesluit. Afrigter Allister Coetzee sê dis ‘n groot slag dat Redelinghuys op die krukkelys is, want hy speel tans werklike goeie rugby.