Subscribe by Email

Jose Mourinho en Manchester United

manchester united fcNa drie dae van samesprekings, het die voormalige bestuurder van Chelsea, Jose Mourinho, en Manchester United blykbaar tot ‘n ooreenkoms gekom. Daar word reeds maande lank gegis dat Mourinho die Nederlander, Louis van Gaal, gaan vervang. Van Gaal is Maandag afgedank, twee dae nadat United die FA-beker gewen het. Alhoewel ‘n kontrak nog nie geteken is nie, sal die klub na verwagting vandag ‘n amptelike aankondiging doen.