Subscribe by Email

Joodse gemeenskap betoog teen anti-semitisme

woolworthsprotest

Ongeveer 50 lede van die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap het Donderdag buite Woolworths in Seepunt, Kaapstad, teen anti-semitisme en intimidasie in Suid-Afrika betoog.

Sommige plakate wat deur die betogers opgehou is, het gelees: “’n Aanval op die Jode is ‘n aanval op demokrasie.”

Die Joodse Raad van Afgevaardigdes het ‘n klag gelê by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie teen Cosas en sy Wes-Kaapse provinsiale voorsitter, Siphakamise Ngxowa.

Die klag teen Cosas is anti-Semitisme en haatspraak.

Ngxowa sê hulle het tot dié varkkop-aksie oorgegaan omdat hulle glo Woolworths steeds produkte van Israel in sy winkels verkoop.

SAPA