Subscribe by Email

Jongboer

‘n Bekende motorvervaardiger en Agri SA snoer vanjaar vir die agtste jaar kragte saam om Suid-Afrika se jongboer van die jaar aan te wys. Die jongboer van die jaar word in November 2011 aangewys en staan die kans om ‘n groot prys los te slaan. Die kompetisie is die sameloop van 9 provinsiale kompetisies vir boere tussen die ouderdom van 18 tot 35 jaar mits hulle vir 2 jaar of langer ‘n lid van ‘n geaffilieerde provinsiale organisasie van Agri SA is. Die volgende provinsiale wenners is reeds aangewys:

· Jaco Minnaar van Vrystaat Landbou, glo dat jong boere die toekoms van die landbou is, maar dat hulle gereeld ‘n kopskuif moet maak om toepaslik te bly en hulself met kennis moet bemagtig.

· Gerrie van der Merwe van Agri Noordwes, benadruk dat jong boere die ruggraag van die landbou is en dat hulle ‘n kritiese rol moet speel in opleiding en die bemagtiging van opkomende boere.

· Werner du Plessis van Agri Wes-Kaap sê dat die behoud van Landbou nie in die besit van grond lê nie, maar wel in die doeltreffende bestuur van die grond wat aan hom toevertrou is.

· Steyl Willemse van Mpumalanga Landbou meen dat wedersydse respek, konsekwentheid en die regte opleiding van die vernaamste faktore is wat ‘n rol speel in die bereiking van sy doelwitte.

Hierdie wenners dring deur as finaliste van die Nasionale Jongboer van die Jaar toekenning.