Subscribe by Email

Jong vrou beweer sy het ‘n verhouding met Zuma

nozamoDie Presidensie sê hy ondersoek foto’s op sosiale media van ‘n neëntienjarige vrou wat gesoen word deur ‘n man wat soos president Jacob Zuma lyk. Lindokuhle Dlamini het die foto geplaas met die onderskrif dat Zuma nie net haar gelukbringer is nie, maar dat hulle verlief is en dat sy dankbaar is vir alles wat hy vir haar gedoen het. Die gelukbringer-verskynsel is waar jong vroue ouer mans gebruik om hulle duur leefwyse te finansier. ‘n Leser van Citizen sê die vrou is Zuma se dogter, maar die Ekonomiese Vryheidsvegters sê die foto’s is ‘n bewys van Zuma se buite-egtelike verhouding met die jong vrou.