Subscribe by Email

Jong paartjie van Kaapstad met meswonde gevind in bad

’n Jong Kaapstadse paartjie, van Burgundy Village,  is met diep steek en snywonde Maandag middag in hul bad gevind deur Kaapstadse paramedici, volgens ’n ER24 woordvoerder, Derrick Banks. “Ons was uitgeroep na hul huis en het die paartjie in hul bad aangetref, met diep sny- en steekwonde in hul nek en polse” het Mnr. Banks gese.

Gevorderde noodbehandeling moes op hulle toegepas word voordat hulle na die Tygerberg Hospitaal in Kaapstad geneem is, waar personeel van die hospitaal se trauma-afdeling die noodbehandeling oorgeneem het.

Die paartjie se toestand was kritiek. Banks het gese, die omstandighede rondom die voorval is duister op hierdie stadium. – Sapa.