Subscribe by Email

Jonathan Ntutu en Dyan Buis wen nog medaljes vir Suid-Afrika in Rio

jonathanntutu2012londonparalympicsdayhpbc1hleq-5lDie Suid-Afrikaanse span in Rio spog nou met 13 medaljes, danksy Jonathan Ntutu en Dyan Buis. Ntutu het silwer gewen in die mans se T9-100-meter met ‘n tyd van 11-komma-nul-nege sekondes. Buis het ‘n bronsmedalje bygedra wat hy in die T38-verspring verower het met ‘n poging van ses-komma-5-8-meter. Die Paralimpiese Spele kom Sondag tot ‘n einde en die Suid-Afrikaanse atlete word Dinsdag op OR Tambo verwag.