Subscribe by Email

Johannesburgse stadsraad stel sy eerste vergadering uit

City_JHB-Railway-Station1Die eerste vergadering van Johannesburg se nuwe stadsraad is tot die 22ste van die maand uitgestel nadat politieke leiers meer tyd  gevra het om oor moontlike koalisies te onderhandel. Die ANC het die meeste stemme in die metro gewen in verlede week se plaaslike regeringsverkiesing, maar nie ‘n volstrekte meerderheid behaal nie. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sal toesig hou oor die eerste raadsvergadering.

In die Wes-Kaap het die Demokratiese Alliansie ‘n ooreenkoms gesluit met drie kleiner partye om beheer oor te neem van vier munisipaliteite in die Sentraal-Karoo. Op Beaufort-Wes sal Djorge Malooi van die DA die nuwe burgemeester wees en op Prins Albert word Goliath Lottering an die Karoo-gemeenskapsparty die eerste burger, terwyl die onderburgemeester en speaker van die DA sal wees. Op Laingsburg word Aubrey Martinez van die Karoo-ontwikkelingsparty die burgemeester en in die Sentraal-Karoo-distriksmunisipaliteit is dit Noel Constable van die Karoo-demokratiese mag, oftewel KDF.