Subscribe by Email

Johannesburg se rekeningsprobleme

Johannesburg se rekeningeprobleme
“’n Mens kan maar net bespiegel watter omvang Johannesburg se rekeningeprobleme nie sou aanneem, as dit nie was dat die Minister van Koöperatiewe regering nie self hieronder deurgeloop het nie,” sê die Christen-Demokratiese Party (CDP) se raadslid in Johannesburg, Linda Pretorius.
“Ongelukkig sal die impak van die regstellende optrede, indien enige, eers na die verkiesing bepaal kan word. Dit laat ons met geen ander keuse nie as om kiesers daaraan te herinner onder wie se bewind die probleem in die eerste plek ontstaan het, en wat dit geverg het om erkenning te kry dat die probleem bestaan, laat staan nog aangespreek word. Ons het min rede om te glo soortgelyke probleme sal nie maar net na die verkiesing weer kop uitsteek nie, tensy die kiesers hul stem laat hoor waar dit saak maak – met die trek van hul kruisies.”