Subscribe by Email

Johannesburg se busbestuurders beloof om hulle staking voort te sit

aphiwe05br_603785744Busbestuurders van Metrobus in Johannesburg het beloof om voort te gaan met hulle staking tot daar aan hulle eise voldoen is. Hulle is ontevrede oor vergoeding en die feit dat ‘n privaat maatskappy aangestel is om hulle dop te hou terwyl hulle werk. Sowat neëntig duisend pendelaars op 229 roetes in en om die Goudstad word geraak.