Subscribe by Email

Johannesburg heuphoogte in die…

“Met slegs ‘n maand oor voor die munisipale verkiesings in Suid-Afrika is Johannesburg se kiesers weer eens letterlik kniediep in die vuilgoed! En wat is die voorstel? Gaan gooi jou eie vuilgoed op die ashoop!
“Of dit nou beteken ek moet hierdie groot swart blik op wiele in my klein motor laai, of agter my motor haak en ashoop toe sleep – reg vir die Metro Polisie om my af te trek. Of om twee weke se vrot vullis daaruit te probeer grou en in swart sakke te sit en weg te ry, ek is nie so seker nie,” aldus Raadslid Linda Pretorius van die Christen Demokratiese Party (CDP) in Johannesburg.
”Waarom betaal inwoners hierdie belaglike ekstra bedrae vir vullisverwydering, selfs ‘n inwoner in ‘n afreeoord met ‘n halwe supermarksakkie vullis per week? Ek dink geen dienste regverdig geen betaling!
”Maar my vraag is wat is die kiesers se houding hieroor?? En wat gaan hulle doen hieraan? Niks absoluut niks behalwe weer eens vir die ANC te stem, “WANT HULLE PROBEER SO HARD EN HET AL HIERDIE AGTERSTAND VAN DIE VORIGE REGERING OM IN TE HAAL ” OF vir die DA wat net in die media sit en tjank, wat niks kan doen “SONDER ‘n GROOT OPPOSISIE NIE”, Hoekom weet Pick-it-up se werkers van tenderonreëlmatighede maar die DA as amptelike opposisie het niks daaroor te sê nie.
”Kiesers maak asseblief julle oë oop en dink waar om hierdie keer jou kruisie te maak! Daar staan 35 partye in Johannesburg met hierdie verkiesing, nie net 2 nie!
Rdl Linda Pretorius Sel: 083 630 0808