Subscribe by Email

Japanese GP: Max Verstappen word jonkste Formule 1 jaer

MOTORNUUS: Die 17-jarige Nederlander, Max Verstappen, het die jongste Formule Een-jaer nog geword toe hy gister in Suzuka 21 rondes in voorbereiding vir die Japanese Grand Prix voltooi het.

Hy moes toe egter tou opgooi nadat rook uit sy Toro Rosso-motor begin borrel het.

Verstappen, die seun van die voormalige F1 jaer Jos Verstappen, het nogtans die twaalfde vinnigste oefenronde opgestel – drie dae na sy sewentiende verjaardag.

Die Duitser, Nico Rosberg, was die vinnigste jaer, net-net vinniger as sy spanmaat, Lewis Hamilton.Max Verstappen