Subscribe by Email

Japan – Tifoon Phanfone

Minstens een persoon is dood nadat die tifoon, Phanfone die Japannese kus naby Hamamatsu-stad bereik het.

Drie Amerikaanse soldate is op die see deur ‘n reuse golf meegesleur. Een van hulle is later dood aangetref, terwyl die ander twee nog vermis word.

Typhoon Phanfone

Typhoon Phanfone

Honderde vlugte is gekanselleer en duisende mense in die ooste van die land is aangeraai om die gebied te ontruim terwyl Phanfone deurdringende reën en sterk wind in die rigting van Tokyo stuur.

Gure weer het gister ook die Japannese Grand Prix vertraag. Die wedren het uiteindelik met twee noodvoertuie voortgegaan, voordat dit in ‘n botsing ge-eindig het.