Subscribe by Email

Japan se tsunami breek ys in Antarktika

Al was dit 13 000 kilometer weg van Japan, en al was die kruinhoogte toe nog maar 30 cm, het die Japannese tsunami nog genoeg krag gehad om ysbrokke van die Antarktiese ysplaat los te ruk. En van die brokke was byna 7 by tien kilometer groot, maar dit is die ysdikte van 80 meter wat die oë laat rek.
Amerikaanse en Europese wetenskaplikes het die gevolgtrekkings gemaak na hulle satellietfotos van die Europese Envisat bestudeer het wat onderskeidelik 12 en 16 Maart geneem is. Foto: Reuters