Subscribe by Email

Japan in rou toe babapanda sterf

Die eerste babapanda wat sedert 1988 in ‘n dieretuin gebore en natuurlik verwek is, is dood.

Die kleinding het ses dae gelede sy opwagting gemaak en Japanner was opgewonde oor die kleinman van ma Shin Shin en pa Ri Ri, wat beide tot die reusepandaspesie behoort.

Die owerhede het ‘n spesiale roukamer in die dieretuin in Tokio ingerig waar hartseer Japannese blomme kan kom neerlê en selfs gebede kan doen.

‘n opsigter het onraad vermoed toe die kleintjie wat styf deur Shin Shin op haar bors vasgedruk was, leweloos gelyk het. Noodhulp is toegepas, maar ‘n uur later is die kleinding dood verklaar. Hy het klaarblyklik moedersmelk ingekry en dit het longontsteking veroorsaak.

Foto: Shin Shin hou haar sterwende kleintjie hartseer vas. Foto: AP

 

 

Herman Toerien