Subscribe by Email

Japan beloof Afrika meer as R430-miljard

abeJapan se eerste minister, Shinzo Abe, het by ‘n beraad in Nairobi in Kenia aan Afrikaleiers gesê sy land gaan meer as 430-miljard-Rand in privaat en staatsondersteuning bewillig vir die ontwikkeling van infrastruktuur, onderwys en gesondheidsorg op die vasteland. Reuters berig dat Japan, wat min hulpbronne het, lankal geïnteresseerd is in Afrika se talryke hulpbronne. Dit is selfs meer die geval sedert die kernramp in 2011 by Fukushima wat gelei het tot ‘n verhoogde invoer van olie en aardgas. Byna al Japan se kernreaktors is na die ramp gesluit.