Subscribe by Email

Jacob Zuma se seun, Duduzane, het bedank

duduDie Gutpa-familie en president Jacob Zuma se seun, Duduzane, het bedank uit hulle posisies binne die maatskappy Oakbay. Onlangs is berig dat meer as een bank die maatskappy se rekenings gesluit het na aanleiding van berigte dat die familie ‘n invloed gehad het in die aanstelling van ministers, adjunkministers en ander regeringsposisies. Die Guptas sê hulle het besluit om aan Oakbay te onttrek weens ‘n politieke aanslag op hulle en hulle ondernemings en hulle wil nie die byna duisend werknemers se poste in gevaar stel nie.