Subscribe by Email

Jack Nicklaus rou oor die dood van sy vriend en teenstander

jack-nicklaus-gary-player-and-arnold-palmerDie beroemde Amerikaanse gholfspeler Jack Nicklaus beskryf sy landgenoot Arnold Palmer as die koning van die sport. Die 87-jarige Palmer het gister in ‘n hospitaal in Pennsylvania gesterf terwyl hy harttoetse ondergaan het. Hy, Nicklaus en Suid-Afrika se Gary Player was in die 1960’s bekend as gholf se Groot Drie. Nicklaus sê Palmer het gholf hervorm en was ‘n ikoon en legende van die spel.