Subscribe by Email

Ja, sy’s gay, erken Zoid se vriendin van 10 jaar

Karen Zoid

Ja, sy’s gay, erken Zoid se vriendin van 10 jaar

Marelize Barnard – DIE BEELD

Oudtshoorn. – Gerugte oor die rocksangeres Karen Zoid se beweerde lesbiese verhouding met die Kaapstadse tydskrifredakteur Carien Loubser is tydens die KKNK op die spits gedryf toe Loubser erken het sy is gay.

Zoid wou nie kommentaar lewer nie, maar het by monde van Loubser laat weet sy verkies om haar privaatheid te beskerm.

Die twee het besluit om geen uitlatings te maak oor hul verhouding nie omdat hulle dit as ’n private kwessie beskou.

Albei was op die Absa-verhoog besig met voorbereidingswerk vir Zoid se optrede later gistermiddag toe hulle vir kommentaar genader is.

Loubser is ’n vervaardiger, entrepreneur en redakteur van die tydskrif Bravo!. Sy het gesê: “Ons is al tien jaar lank in ’n vriendskapsverhouding. Ja, ek is gay.

“Ja, daar is lankal genoem sy (Zoid) het in die verlede verhoudings met vroue gehad.

“Nee, dit het niks met die verbrokkeling van haar huwelik (met die kitaarspeler Don Reinecke) te doen nie.”

Loubser het ook bekend gemaak Zoid begin ’n rolprent saam met Franz Marx skiet en mag ingevolge haar kontrak nie kommentaar lewer nie.

4 Responses to Ja, sy’s gay, erken Zoid se vriendin van 10 jaar

  1. Tanya

    April 1, 2016 at 11:58 am

    So typical of the human race to classify your sexual orientation. Who cares? She is the leading female rock musician in South Africa. Back off witches. Live and let live!

  2. bernice

    September 25, 2014 at 7:00 pm

    Ek self gay wat maak dit saak ons nog dieselfde mense ons verkies net n ander sexualiteit karin zoid se nuwe program is tops sy mag maar

  3. Jerry Burger

    September 11, 2014 at 6:58 am

    If it walks like a duck kwaks like a duck, then it is most propably is a duck…die vrou is letta. So what!

  4. mack myburgh

    Julie 31, 2014 at 1:08 pm

    ok en ? Ek het na haar TV show begin kyk met Kurt Darren en Corne Krige op ,dit was briljant…….wat maak dit saak of sy lesbies is of nie ?