Subscribe by Email

Ivoorkus se voormalige presidentsvrou staan tereg op misdade teen die mensdom

simoneIvoorkus se voormalige presidentsvrou, Simone Gbagbo, staan van vandag in Abidjan tereg op aanklag van misdade teen die mensdom. Die vrou van oudpresident Laurent Gbagbo is reeds ‘n vonnis van twintig jaar tronkstraf opgelê vir haar rol in 2010 se naverkiesingsgeweld in die Wes-Afrikaland waarin meer as drie duisend mense dood is. Sommige menseregtegroepe het onttrek as klaers in die huidige hofsaak en sê daar is prosedurefoute.