Subscribe by Email

Items van die vermiste vliegtuig in die Middellandse See gevind

air2Griekse amptenare sê ‘n liggaamsdeel, twee sitplekke en minstens een tas is op die oppervlak van die Middellandse See gevind en kom waarskynlik van die Egyptair vliegtuig wat neergestort het. Vlug MS804 was onderweg van Parys na Kaïro met 66 passasiers en bemanningslede aan boord toe dit skielik vermis geraak het. Die items wat gevind is, is effens Suid gevind van die gebied waar die vliegtuig van die radar verdwyn het. Egiptiese amptenare is oortuig dat die vliegtuig weens optrede deur terroriste, eerder as weens tegniese probleme, neergestort het.