Subscribe by Email

Italië probeer herstel na die verwoestende aardbewing

Italian-earthquakeVandag se inkomste uit openbare museums in Italië sal geskenk word om herbou-werk te doen na Woensdag se vernietigende aardbewing waarin byna 300 mense dood is. Talle kerke en ander Middeleeuse geboue is vernietig toe die aardbewing van ses-komma-twee die dorp Amatrice en ander dele in sentraal-Italië getref het. Amatrice se burgemeester sê hy wil sy dorp tot sy eertydse glorie herstel. Italië se president, Sergio Mattarella, en eerste minister Matteo Renzi het albei gister die begrafnis van 35 slagoffers bygewoon.