Subscribe by Email

Israel stem tot kort skietstaking in met Gaza

Israel het vanoggend sy lugbombardement oor die Gazastrook drie uur lank gestaak terwyl die Egiptiese eerste minister ‘n solidariteitsbesoek aan die gebied gebring het.

Israel het egter ook as voorwaarde gestel dat daar dan ook geen mortiere en vuurpyle uit die Gazastrook op sy grondgebied afgevuur mag word nie.

Drie Israeli’s het reeds in die jongste vlaag aanvalle om die lewe gekom, en sowat 19 Palestyne in die Gaza het in weerwraakaanvalle, hoofsaaklik op misielinstallasies, gesterf.

Tydens die jongste Paletynse vuurpylaanvalle is selfs Ten Aviv en omgewing geteiken.

Premier Hisham Kandil van Egipte en sy afvaardiging het vanoggend in Gaza aangekom.

Die huidige konflik het aan die begin van die maand begin toe Hamas weer vuurpyle op Israel begin afvuur het. Dinsdag het Israel met presisie-aanvalle teruggeslaan en die militêre leier van Hamas ook gedood. Hamas het laat weet dat Israel daarmee die “poorte van die hel” oopgestamp het.

Israel het terugge-Twitter dat alles Palestyne in die gebied liefs nie hul neuse bo die grond moet uitsteek nie.

Foto: Reuter

Herman Toerien