Subscribe by Email

Israel se kabinet skeur

Die kortstondige deelname van die liberale Kadima as deel van die breë Israelse koalisie van premier Benyamin Netanyahu is tot niet toe dié party uit protes oor die herinstelling van verpligte diensplig vir Israelse Jode uit die kabinet gestap het.

Netanyahu se kabinet, wat nog die steun van 66 van die 120 setels in die Knesset het, bly egter voorlopig staan. Waarnemers meen egter dat hy binnekort ‘n verkiesing kan uitroep.

Die wortel van die probleem is dat ortodokse Jode nie militêre diensplig wil verrig nie, maar met ‘n 60 jaar lange reëling wil voortgaan om eerder verpligte Skrifstudie te doen. Die hof het egter vroeër vanjaar hierdie spesiale reëling ongrondwetlik verklaar. Sedertdien hou die ortodokse Jode gereeld optogte en betogings.

Kadima steun die saak van die ortodokse Jode.

Netanyahu word ook vanuit ‘n ander oord onder druk geplaas. Een van sy koalisievennote, die sekulêre Yisrael Beitenu, wil die diensplig na alle Israeli’s uitbrei, dus ook Arabiere wat in Israel woon. Nou vind daar ook betogings deur Arabiere plaas.

Foto: Getty

Herman Toerien