Subscribe by Email

Is Obama se doppie met tussenverkiesing geknip?

In die liberale Queens- en Brooklyn-area in die hartjie van New York, waar daar drie keer meer ingeskrewe lede van die Demokratiese Party is as Republikeine, en die Demokrate ‘n eeu lank in beheer was, was ‘n Republikeinse oorwinning in ‘n senaats-tussenverkiesing ‘n belangrike rigtingwyser.

Tog is dit wat die groentjie-politikus, die sakeman Rob Turner reggekry het. Turner self het met sy oorwinningstoespraak gesê die oorwinning gaan tot volgende jaar weerklank vind, wanneer pres. Barack Obama gaan probeer om vir sy tweede termyn herkies te word.

Die konserwatiewe Christian Coalition of America, wat sedert Obama president geword het openlik vir die GOP (Grand Old party, bynaam vir die Republikeinse Party) kant kies, meen met die verkiesing het Obama se bewind effektief tot ‘n einde geloop. Weliswaar word sommetjies gemaak oor hoeveel senaatsetels in tussenverkiesings en met die half-termynwisseling die GOP kan toeval, en dit werk op omtrent tien meer uit as die vier wat nodig is om naas die Huis van Verteenwoordigers, ook die senaat in die sakkie te hê.

Peilings toon ook dat Obama se gewildheid erg getaan het, en hy slaag nie altyd daarin om die 40%-kerf te haal nie.

Herman Toerien