Subscribe by Email

Irma Joubert bied slypskool aan

Die bekroonde skryfster, Irma Joubert, bied op 20 Augustus die Bloemfonteinse Skrywersvereniging seslypskool vir ontluikende skrywers aan. Die slypsool sal ook as deel van die BSV se onlangse skryfwedstryd gratis deur die wenners bygewoon kan word.
Onder die modules wat by die slypskool aan die beurt kom is “Wat beteken dit om ‘n roman te pak?”, “Beplan en navorsing” “slaggate” en “publiseer.”
Deelnemers aan die skryfstool dok R200 op. Lede van die BSV kry egter ‘n stywe korting.
Vir navrae, skakel met Lelani Fourie by 073 3883 377. Navrae kan ook gerig word aan bloemvs@gmail.com
Slegs 80 mense sal vir die kursus aanvaar word.
Die wenners van Skrywers 2011 is:
Skole-afdeling (A):
Junior afdeling (gr. 8 en gr. 9)
1ste (R800) en trofee: Marita Viljoen gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
2de (R600): Nina du Preez gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
3de (R400): Gerard van Rooyen, gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
Eervol vermeld: Zandré van Staden, gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
Senior afdeling (gr. 10 – gr. 12)
1ste (R1 000) en trofee: Fralize Fouché, gr. 12, Hoërskool Parys
2de (R700): Dewald Burger, gr. 12, HTS Drostdy, Worcester
3de (R500): Johan Human, gr. 12, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
Eervol vermeld: Linki Scholtz, gr. 11, Hoër Christelike Meisieskool Oranje, Bloemfontein.
Algehele skolewenner: Fralize Fouché, gr. 12, Hoërskool Parys.
Ope afdeling B (Nog nie voorheen gepubliseer teen vergoeding nie):
1ste (R1 000): mev. Elize Zeeman-Olivier, ‘sGravenzande, Nederland
2de (R800): dr. Evert Louw, Oatlands
3de (R600): mnr. Hannes Visser, George
Eervol vermeld: mev. Marthie Mans, Westerbloem, Brandhof, Bloemfontein
Eervol vermeld: mnr. Landes Berg, Springs, Gauteng
Ope afdeling C (Voorheen gepubliseer teen vergoeding):
1ste (R1 000): mnr. Nic Viljoen, Jeffreysbaai
2de (R800): mev. Santie van der Merwe, Wierdapark
Eervol  vermeld:  me.  Anneretha  Combrink, Queenswood,  Pretoria
Ope afdeling D (Poësie):
1ste (R1 000) en trofee: me. Hilda A. Smits, Londen, Groot-Brittanje
2de (R800): mev. Ronelle Ceronio, Universitas, Bloemfontein
3de (R500): (gesamentlik) mnr. Gert Christiaan Cruywagen, Centurion
3de (R500): (gesamentlik) mev. Magda van der Merwe, Klerksdorp
Eervol vermeld: mev. Ronelle Ceronio, Universitas, Bloemfontein
Eervol vermeld: mnr. Ferdi Schenck, Moreletapark
Aanmoedigingspryse vir nie-Afrikaanssprekendes (R250 en gratis slypskoolbywoning): Asmie Masetle (Setswana-sprekend), gr. 11, Hoërskool Potchefstroom.
mnr. Winston Ash, (Engelssprekend), Mondeor
Trofeë:
HAUM-literêr-wisseltrofee vir skool van wenner in junior afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Olivier-wisseltrofee vir skool van wenner in senior afdeling: Hoërskool Parys
Gerhard Beukes-wisseltrofee vir skool van algehele skolewenner: Hoërskool Parys
Vrystaat-wisseltrofee vir skool met die meeste inskrywings (plus R1 000): Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Al die bekroonde inskrywings en beoordelaarsverslae sal in Inkvars 2011 gebundel word wat op 20 Augustus uitgereik word wanneer die pryse op die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers in die Noorderbloem-aftreeoord in Bloemfontein oorhandig word.