Subscribe by Email

IOK hou ‘n noodvergadering na die uitlek van vertroulike mediese rekords

1001357637Die Internasionale Olimpiese Komitee hou volgende week ‘n dringende vergadering oor die beskerming van onskuldige atlete. Dit volg op die uitlek van atlete se vertroulike mediese rekords na ‘n kuber-inbraak by die Wêreldagentskap teen Opkikkergebruik, Wada. Die IOK sê daar sal onder meer beraadslaag word oor ‘n kragtiger, onafhanklike teen-opkikkerstelsel en die hersiening van Wada se stelsel.